South African Wine Information Centre
Visit Rijk's Private Cellar & Country Hotel
 


WineDiary | what's on in the winelands





related links
Hillcrest Estate
Jakkie Louw @ Hillcrest Estate
Starts :  29 June 2012 19h00
Ends :  29 June 2012 22h00
Intro :  Daar is seker nog nie een fees in SA waar Jakkie se naam nie heel bo aan die menue was nie. Met sy tweede CD "Marretjie se hoender" het Jakkie 'n SAMA nominasie gekry vir beste Afrikaanse Pop album van 2009. In sy eie reg is daar niemand met sy styl van musiek in Suid Afrika nie.
 
Cost : 120
Space : 150
Location :  Hillcrest Estate Quarry
 
Description : Jakkie Louw het al reeds op hoerskool begin liedjieskryf en musiek maak. As leerling van Hoerskool DF Malan in Bellville het hy en sy band die "Battle of the bands" gewen vir sy twee senior jare.

In 2006 het Jakkie Louw Drie Pikkewyne opgeneem as 'n braaivleis jol grap liedjie. Die liedjie het amper oornag vir Jakkie bekend gemaak as 'n komersieel aanvaarbare sanger in SA. Jakkie word daarna genomineer vir verskeie toekennings. Onder andere VAMTs se beste nuweling van die jaar(2007) wat hy toe wen.

Daar is seker nog nie een fees in SA waar Jakkie se naam nie heel bo aan die menue was nie. Met sy tweede CD "Marretjie se hoender" het Jakkie 'n SAMA nominasie gekry vir beste Afrikaanse Pop album van 2009.

In sy eie reg is daar niemand met sy styl van musiek in Suid Afrika nie. Met Jakkie se kombinasie van vrolike opgewekte Afrikaanse rock musiek (Drie Pikkewyne, Die Hoendersong) en sy meer afgeronde musiek (Een miljoen woorde en Voshaarnooi) toer Jakkie SA vol. Sy nuwe show en CD se naam is GEMAAK IN SA. Hierdie vertoning en kombinasie is ook die eerste van sy soort is in SA. Jy kyk basies 'n lewendige show en 'n fliek!! Hierdie moderne energieke kunstenaar is werkilik besig om een van SA se grootes te raak.
 
Contact : Karlin van der Vyver
Phone : +27.219761110
eMail : functions@hillcrestfarm.co.za
URL : www.hillcrestfarm.co.za
 
Information is supplied by the event organisers who also take responsibility for its accuracy. You may copy, re-use or re-print any of this information as long as wine.co.za is quoted as source. Any statements made or opinions expressed are the legal responsibility of the ORGANISER and do not necessarily reflect the views of WineNet (PTY) Ltd. or its sponsors.