Volksliedjies by La Motte

ARCHIVED PAST EVENT
La Motte
TIME:    19h00
COST:    R80
VENUE:    La Motte Museum
Franschhoek
MAP

Kenner op die gebied van Suid-Afrikaanse kultuurgeskiedenis, professor Matilda Burden bied haar gewilde praatjie aan wat fokus op navorsing oor die Afrikaanse volksliedjie.

Please note that this Talk will be presented in Afrikaans.

Kenner op die gebied van die Suid-Afrikaanse kultuurgeskiedenis, professor Matilda Burden bied haar gewilde praatjie aan wat die fokus op navorsing oor die Afrikaanse volksliedjie plaas.

Interessante aspekte word ondersoek, soos die pretensieloosheid en woordvaardigheid van die volksmens soos dit in Afrikaanse volksliedjies na vore kom, asook die humor wat daaruit spreek. Daar word ook na die funksie en die vorm van die volksliedjie gekyk – het die liriek van die volkslied ook, soos formele poësie, ‘n bepaalde vorm?

Matilda sing self sommige van die liedjies en ander word saam met bekende sanger Pieter van der Westhuizen met kitaarbegeleiding uitgevoer.

Vir besprekings, kontak Angela: +27.218768000 of reception@la-motte.co.za

Kom geniet gerus ‘n glasie La Motte wyn vanaf 18:30. Let asseblief daarop dat gaste tydens hul bespreking pertinent moet noem of hulle die ete na afloop van die praatjie wil bywoon.