Laurika Rauch & Loki Rothman

ARCHIVED PAST EVENT
Oude Libertas Amphitheatre
TIME:    20:15
COST:    220
VENUE:    Corner Adam Tas & Libertas road Stellenbosch
Stellenbosch
MAP

Oude Libertas Summer Season Festival: Laurika Rauch & Loki Rothman

Laurika en Loki het begin saamwerk toe hy ‘Blou’ (haar ikoniese treffer van 1999) vir haar jongste album, ‘Die reis’, herskep en herverwerk het en toe boonop die liedjie as ‘n duet saam met haar op die album gesing het. As gevolg van hierdie unieke samewerking in die ateljee, is Laurika en Loki sedertdien in groot aanvraag vir hulle verhoogoptredes saam, waar Loki haar begelei met sy unieke perkussiewe kitaar, sing en ook van sy virtuose kitaarsolo’s doen.

Hierdie produksie sluit verskeie nuwe liedjies in – ondermeer die heel gepaste Liefde uit Stellenbosch en ‘n nuwe weergawe van Kyk hoe glinster die maan, wat in die film, Liewe Kersfeesvader, (vrystelling 18 November) en ook op ‘n nuwe album van Laurika gehoor sal kan word.

Laurika en Loki se samewerking, waar albei kunstenaars se sonderlinge talente ten beste tot hulle reg kom, is iets besonders om te beleef.