VinPro talks wine value

Monday, 2 January, 2017
VinPro
How can cellars get more value for their wines, while increasing sales? How do the South African industry’s current economic realities relate to the bigger picture? Unlocking value for sustainable wine industry growth will be the focus of the Nedbank VinPro Information Day.

The event will take place on 19 January 2017 from 09:00 – 13:30 at the Cape Town International Convention Centre (CTICC).

 An overview of the wine industry landscape will include the following:

  • Global and local economic trends – Nicky Weimar, Nedbank
  • Long cycles of the South African wine industry – Prof Nick Vink, US
  • What’s happening in the vineyard? – Francois Viljoen, VinPro

A panel discussion will unpack ways in which the industry can grow value from the vine to the shelf, inter alia through innovation and local and global market development. The Unlocking Value panel will include:

  • Michael Fridjhon, wine critic and columnist
  • Rico Basson, VinPro
  • Denise Stubbs, Thokozani Wines
  • Johann Krige, Kanonkop Wine Estate
  • Neville Carew, Origin Wines
  • Richard Rushton, Distell
  • Gavin Dittmar, Meridian Wines

Do we speak the right language when engaging with the average South African consumer? Lebo Motshegoa from the research company Foshizi will give some perspectives on customer engagement and retention.

The 2017 conference will mark Nedbank’s 11th year as main sponsor. Old Mutual and Mutual & Federal are involved for the second year. Daneel Rossouw, Nedbank’s divisional manager of agriculture in the Western Cape says, “Nedbank has a big appreciation for the wine industry’s contributions to the economy and job creation in the Western Cape and South Africa.

“The sponsorship is in line with our strategic intent to partner with small, medium and large enterprises in the agricultural and other sectors to ensure growth for a greater South Africa. The day provides invaluable networking opportunities amongst business owners and aspiring entrepreneurs, while sharing innovative solutions to some of the challenges facing the industry.”

VinPro members register at R550* per person and non-members at R850 per person.
(*Discount limited to two tickets per member)

Book online at www.vinpro.co.za, phone 021 276 0429 or e-mail info@vinpro.co.za.

Registration closes 9 January 2017.

 

VinPro praat oor wynwaarde

Nedbank VinPro Inligtingsdag

Hoe kan kelders die waarde én volume van hul wynverkope laat toeneem? Hoe lyk die Suid-Afrikaanse wynbedryf se huidige ekonomiese realiteite in vergelyking met die groter prentjie? Die Nedbank VinPro Inligtingsdag gaan maniere verken waarop die wynbedryf groter waarde kan ontgin vir volhoubare groei vorentoe.

Die Inligtingsdag word 19 Januarie 2017 van 09:00 tot 13:30 by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS) gehou.

’n Oorsig oor die wynbedryf-landskap sal die volgende insluit:

  • Internasionale en plaaslike ekonomiese tendense – Nicky Weimar, Nedbank
  • Lang siklusse in die Suid-Afrikaanse wynbedryf – Prof Nick Vink, US
  • Wat gebeur in die wingerd? – Francois Viljoen, VinPro

ʼn Paneelbespreking sal besin oor maniere waarop aspekte soos innovasie en plaaslike en internasionale markontwikkeling ingespan kan word om waarde van die wingerd tot die rak te laat toeneem. Die Ontgin Waarde-paneel sal die volgende persone insluit:

  • Michael Fridjhon, wynkritikus en -skrywer
  • Rico Basson, VinPro
  • Denise Stubbs, Thokozani Wyne
  • Johann Krige, Kanonkop Wynlandgoed
  • Neville Carew, Origin Wyne
  • Richard Rushton, Distell
  • Gavin Dittmar, Meridian Wyne

Gebruik ons die regte taal wanneer ons met die gemiddelde Suid-Afrikaanse verbruiker praat? Lebo Motshegoa van die navorsingsmaatskappy Foshizi sal ʼn perspektief gee oor hoe kliënte benader en behou kan word.

Nedbank Besigheidsbanksake is in 2017 vir die 11de agtereenvolgende jaar die hoofborg. Old Mutual en Mutual & Federal is vir die tweede jaar as medeborge betrokke. Daneel Rossouw, Nedbank afdelingsbestuurder van landbou in die Wes-Kaap, sê: “Nedbank het ʼn groot waardering vir die wynbedryf se bydrae tot die ekonomie en werkskepping in die Wes-Kaap en Suid-Afrika.

“Die borgskap is belyn met ons strategiese fokus daarop om vennootskappe met klein, medium en groot besighede in die landbou- en ander sektore te vestig vir ʼn beter Suid-Afrika. Die dag bied waardevolle netwerkgeleenthede vir besigheidseienaars en aspirant entrepreneurs, asook ʼn platform waartydens innoverende oplossings vir sommige van die bedryf se uitdagings ook hier gedeel word.

VinPro-lede registreer teen R550* per persoon en nie-lede teen R850 per persoon.
(*Afslag beperk tot twee kaartjies per lid)

Bespreek aanlyn by www.vinpro.co.za, skakel 021 276 0429 of e-pos info@vinpro.co.za.

Registrasie sluit 9 Januarie 2017.